By die Hantam Vleisfees vier ons nie net gehalte vleis nie – ons vier musiek, kultuur en kuier! Op ons verhoog bring ons vir jou ’n opwindende program propvol top Suid-Afrikaanse kunstenaars wat sorg vir lekker voet-stamp-ritmes en sing-saam-treffers.
Van country tot pop, van boeremusiek tot rock – hier’s iets vir oud én jonk! Of jy nou op die dansvloer jol of rustig onder die tent sit en saamsing, die musiek is die hartklop van die fees.
Kom geniet talent van regoor die land – dis musiek, mense en oomblikke wat jy nie wil mis nie!