Ons tel die dae na

HANTAM VLEISFEES

KUNSTENAARS 2026

Kom kuier saam met ons! Van dans tot dekades se musiek – daar’s kunstenaars vir elke smaak.
Luister, lag en leef saam op die ritme van die Karoo se klanke.
Van plaaslike sterre tot landwye talent – dis ‘n fees soos min!

DIE HEEL LEKKERSTE

KLIPRIB

Sappige kliprib, stadig gebraai op ‘n warm klip – dis ware Karoo-lekkerte. Kom proe die smaak van tradisie!

Hierdie egte tradisie is elke jaar ’n wenner op die spyskaart.

Ons nooi jou om vanjaar by die fees ’n stukkie kliprib te kom proe – dis ’n smaakervaring soos geen ander!

ONS NOOI JOU

NA CALVINIA

Pak die kar, bring die kuiergees – dit’s weer tyd om fees te hou in Calvinia! Die Hantam Vleisfees wag met lekker kos, groot musiek, plaasgeselligheid en daardie egte Karoo-hartklop.

 

Dis waar vriende familie word en herinneringe gemaak word. Kom maak ’n draai – jy wil nie hierdie een misloop nie!

AKTIWITEITE

Terwyl sommiges kan kompiteer met hul sterkman-spiere, is daar ook ‘n vleiseet kompetisie. Moenie vergeet van ons skoonheidskoninginne nie.

Inskrywings kan by die fees gedoen word. Maak seker jy sluit aan vir pret en plesier wat jou hele gesin sal vermaak!

SKRYF NOU IN!

ONS BORGE

Die Hantam Vleisfees sou nie moontlik wees sonder die lojale ondersteuning van ons wonderlike borge nie. Julle geloof in ons fees en die gemeenskap maak ’n werklike verskil – van die eerste klanke op die verhoog tot die laaste vleisie op die kole.

Dankie dat julle saam met ons bou aan ’n fees wat nie net herinneringe skep nie, maar ook ons plaaslike ekonomie en kultuur ondersteun. Jul bydrae is goud werd – en ons is opreg dankbaar vir elke een van julle!

Hantam Park, Calvinia

Enige vrae?

Stuur 'n boodskap

Ons hoor graag van jou!