Sedert 1990 toe alles begin het, was die hoofdoel om die heerlikste, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Beslis ’n hoogtepunt op die kalender.
Daar sou by die vleiskos ook musiek en arena-vermaak aangebied word. Vanjaar se wenresep lyk nog nes daardie destydse een!
Sowat 400km vanaf Kaapstad in die noordweste van ons land lê Calvinia. Destyds is besluit dat die verskillende snitte van die skaapkarkas in proe-porsies te koop aangebied sou word deur die onderskeie boereverenigings van die distrik met as beskermliggaam die Calvinia-Landbou-Unie.
ONS BORGE
Heerlike Vleis
Jy kan jaarliks jou porsie van die lekkerste vleisgeregte kom geniet. Liplekker skaapkop, skaapstertjies, kliprib en vele meer. Calvinia bederf ons behoorlik.